2 Chronicles 34:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het die geld bymekaargemaak wat in die huis van die HERE gevind is, en dit in die hand van die opsigters en in die hand van die arbeiders oorgegee. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die geld wat by die tempel vir die Here bymekaargemaak is, is aan die toesighouers en die arbeiders gegee.” |
| Afrikaans 1933/1953 | hulle het die geld wat daar in die huis van die HERE was, uitgeskud en oorhandig aan die opsigters en die uitvoerders van die werk. |
| Afrikaans 1983 | die geld wat in die tempel beskikbaar was, is uitgetel en oorhandig aan die opsigters en aan die mense wat die werk moet uitvoer.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het die geld wat in die huis van die Here gevind is, uitgeskud en dit oorhandig aan hulle wat aangestel is, en aan die werksmense.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het al die geld uitgehaal wat hulle in die tempel kon kry en hulle het dit gegee vir die werkers en hulle hoofde.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het die geld wat in die tempel was, bymekaargemaak en vir die kontrakteurs en werkers gegee om met die werk aan te gaan. |