2 Chronicles 34:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Hilkía het geantwoord en vir Safan, die skrywer, gesê: Ek het die wetboek in die huis van die HERE gevind. En Hilkía het die boek aan Safan oorgegee. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Gilkija sê toe vir Safan die staatsekretaris: “Ek het die boek van die gebooie in die tempel van die Here gekry!” Gilkija het die boekrol vir Safan gegee. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop het Hilk¡a aan die skrywer Safan gesê: Ek het die wetboek in die huis van die HERE gevind! Toe gee Hilk¡a die boek aan Safan, |
| Afrikaans 1983 | Gilkija het toe vir die staatsekretaris Safan gesê: “Ek het die wetboek in die tempel gekry.” Hy het die wetboek aan Safan oorhandig, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Gilkija opper toe die saak, en sê vir Safan, die sekretaris: “Ek het sowaar op 'n boekrol van die wet in die huis van die Here afgekom.” Daarop het Gilkija die boekrol vir Safan gegee. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Gilkija het toe vir Safan gesê: “Ek het die wetboek in die tempel gekry.” En Gilkija het die boek vir Safan gegee. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Gilkija het vir Safan, die sekretaris, gesê: “Ek het die wetboek in die Here se tempel gekry!” Gilkija het toe die boekrol vir Safan gegee. |