2 Chronicles 34:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe hulle die geld uitbring wat in die huis van die HERE gebring is, het die priester Hilkía 'n wetboek van die HERE gevind wat deur Moses gegee is.
Afrikaans (NLV) 2011 Terwyl die geld uitgehaal is wat vir die tempel van die Here versamel is, het Gilkija die priester afgekom op die boek van die gebooie van die Here wat deur Moses gegee is.
Afrikaans 1933/1953 En toe hulle die geld uithaal wat in die huis van die HERE gebring was, het die priester Hilk¡a die wetboek van die HERE gevind wat deur die diens van Moses gegee is.
Afrikaans 1983 Terwyl hulle die geld wat vir die huis van die Here ingebring is, uitgehaal het, het die priester Gilkija die boek gekry met die wet van die Here wat deur bemiddeling van Moses aan Israel gegee is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Terwyl hulle besig was om die geld na buite te neem wat in die huis van die Here byeengebring is, het die priester Gilkija afgekom op 'n •boekrol met die Wet van die Here by monde van Moses.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe hulle die geld uithaal wat die mense na die tempel gebring het, het die hoëpriester Gilkija die wetboek gekry wat die Here vir Moses gegee het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Terwyl hulle die geld bymekaargemaak het wat die mense na die tempel van die Here gebring het, het Gilkija, die priester, die wetboek van die Here gekry. Dit is die wetboek wat die Here vir Moses gegee het.