2 Chronicles 34:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die manne het die werk getrou gedoen; en hulle opsieners was Jahat en Obádja, die Leviete, uit die seuns van Merári; en Sagaria en Mesullam, uit die seuns van die Kehatiete, om dit op te lei; en ander van die Leviete, almal wat die musiekinstrumente kon bemeester.
Afrikaans (NLV) 2011 Die werkers het getrou onder leiding van Jagat en Obadja, Leviete uit die Merarifamiliegroep, en Sagaria en Mesullam uit die Kehatgroep gewerk. Ander Leviete wat bekwaam was om musiekinstrumente te speel,
Afrikaans 1933/1953 En die manne het getrou gearbei aan die werk; en oor hulle was aangestel: Jahat en Ob dja, Leviete uit die kinders van Mer ri, en Sagar¡a en Mesullam uit die kinders van die Kehatiete, om leiding te gee; en die Leviete, elkeen wat verstand gehad het van musiekinstrumente,
Afrikaans 1983 Die manne het die werk met groot sorg uitgevoer. Die opsigters oor hulle was die Leviete Jagat en Obadja uit die Merarigroep, en Sagaria en Mesullam uit die Kehatgroep. Die Leviete was mense wat almal bedrewe was in die speel van musiekinstrumente,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die manne was betroubaar in die uitvoering van hulle taak. Oor hulle is Jagat en Obadja, Leviete uit die nageslag van Merari, en Sagaria en Mesullam, uit die nageslag van Kehat, aangestel om toesig te hou. Die Leviete, elkeen 'n kundige met musiekinstrumente,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die ambagsmanne het die werk gedoen wat hulle moes doen. Die Leviete wat moes kyk dat hulle die werk reg doen, was Jagat en Obadja van die Merari-familie, en Sagaria en Mesullam van die Kehat-familie. Elke Leviet wat geweet het hoe om die musiek-instrumente te speel,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die manne het hulle werk deeglik gedoen. Die opsigters oor die werk was die Leviete Jagat en Obadja uit die Merarigroep en Sagaria en Mesullam uit die Kehatgroep. ’n Ander groep Leviete, wat vaardige musici was,