2 Chronicles 34:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Selfs aan die kunsmanne en bouers het hulle dit gegee om gekapte klip te koop en hout vir verbindings en om die huise te vloer wat die konings van Juda verwoes het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het ook geld gegee waarmee timmermanne en messelaars gekapte klip vir die mure kon koop, asook timmerhout vir die balke van die geboue. Ook die dele wat vroeëre konings van Juda toegelaat het om te verval, het hulle weer herstel. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle het dit gegee aan die skrynwerkers en die bouers, om gekapte klippe en hout vir die kappe aan te koop en om die geboue wat die konings van Juda verniel het, van balke te voorsien. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het die geld vir die vakmanne en bouwerkers gegee om gekapte klip en balke te koop en die vertrekke wat onder die konings van Juda in verval geraak het, weer op te bou. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het dit vir die skrynwerkers en bouers gegee om gekapte klip en hout mee te koop vir die balkpenne, en om die vertrekke wat die konings van Juda verniel het, van balke te voorsien. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het die geld gegee vir die ambagsmanne en vir die bouers om gekapte klippe te koop en ook hout vir die dak-kappe en balke. Hulle moes dit in die geboue sit, want die konings van Juda het nie die geboue opgepas en reggemaak nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het dit aan die skrynwerkers en bouers betaal wat gekapte bouklippe en hout vir dakkappe moes koop om die tempel te herstel, wat deur die vorige konings van Juda verniel is. |