2 Chronicles 34:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het dit in die hand van die werkers gegee wat toesig oor die huis van die HERE gehad het, en dit aan die werkers gegee wat in die huis van die HERE gewerk het om die huis te herstel en te herstel.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het die geld toevertrou aan die mense wat aangewys is om oor die herstel van die Here se tempel toesig te hou. Húlle het weer die werkers betaal wat die herstelwerk en opknapping gedoen het.
Afrikaans 1933/1953 Hulle het dit naamlik oorhandig aan die uitvoerders van die werk wat aangestel was oor die huis van die HERE, en die het dit gegee aan die arbeiders wat gewerk het aan die huis van die HERE, om die huis reg te maak en te herstel.
Afrikaans 1983 Die geld is toe gegee aan die mense wat vir die werk aan die tempel moes sorg en dié het dit gebruik vir die heropbou en herstel van die gebou.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het dit oorhandig aan die voormanne wat aangestel was by die huis van die Here. Hulle het dit dan gegee vir die werksmense wat in die huis van die Here besig was om die gebou op te knap en te herstel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die amptenare en die hoëpriester het toe die geld gegee vir die mense wat moes kyk dat die werkers die tempel regmaak, en hierdie mense het die geld gebruik om die mense te betaal wat die tempel moes regmaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die geld is aan die kontrakteurs betaal wat moes sorg dat die tempelgebou herstel word. Hulle moes die geld gebruik om die vakmanne te betaal wat die herstelwerk sou doen.