2 Chronicles 33:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Manasse het Juda en die inwoners van Jerusalem laat dwaal en erger doen as die nasies wat die HERE voor die kinders van Israel verdelg het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar Manasse het Juda en die inwoners van Jerusalem laat dwaal sodat hulle selfs meer boosheid gepleeg het as die heidense nasies wat die Here uitgeroei het toe die Israeliete in die land aangekom het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar Manasse het Juda en die inwoners van Jerusalem verlei om meer kwaad te doen as die nasies wat die HERE voor die kinders van Israel uit verdelg het. |
| Afrikaans 1983 | Maar Manasse het Juda en die inwoners van Jerusalem die verkeerde pad laat loop, sodat hulle erger aangegaan het as die nasies wat deur die Here uitgeroei is om vir Israel plek te maak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar Manasse het Juda en die inwoners van Jerusalem laat afdwaal om selfs meer kwaad te doen as die nasies wat die Here voor die Israeliete uitgedelg het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Manasse het die mense van Juda en Jerusalem verlei om slegte dinge te doen. Hulle het slegter dinge gedoen as die ander volke. Die Here het daardie volke weggejaag sodat die Israeliete in die land kan woon. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar hulle het dit nie gedoen nie. Manasse het hulle geleer om dinge te doen wat erger was as die goed wat die volke gedoen het wat voor die Israeliete in die land gebly het. |