2 Chronicles 33:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Ek sal die voet van Israel nie meer verwyder uit die land wat Ek vir julle vaders bestem het nie; sodat hulle oppas om alles te doen wat Ek hulle beveel het, volgens die hele wet en die insettinge en die verordeninge deur die hand van Moses. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As die Israeliete my gebooie, al my riglyne, opdragte en bepalings gehoorsaam wat aan Moses gegee is, sal Ek hulle nie in ballingskap stuur uit hierdie land wat Ek aan hulle voorouers gegee het nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En Ek sal die voet van Israel nie meer laat wyk van die grond wat Ek vir julle vaders bestem het nie, as hulle net sorgvuldig doen alles wat Ek hulle beveel het volgens die hele wet en die insettinge en verordeninge deur die diens van Moses. |
| Afrikaans 1983 | As Israel alles doen wat Ek hulle beveel het, in ooreenstemming met die hele wet en die voorskrifte en bepalings wat deur bemiddeling van Moses gegee is, sal Ek hulle voete stewig geplant hou op die grond wat Ek aan hulle voorvaders toegeken het.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek sal nie weer Israel se voet verwyder van die grond wat Ek aan julle voorouers toegewys het nie, maar slegs as hulle alles wat Ek hulle beveel het by monde van Moses – die hele wet, die vaste voorskrifte en bepalings – nougeset uitvoer.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sal die Israeliete nie weer laat weggaan van die land wat Ek vir hulle voorvaders gegee het nie, maar dan moet hulle seker maak dat hulle alles doen wat Ek vir hulle gesê het. Hulle moet gehoorsaam wees aan al die wette en reëls wat Ek vir Moses gegee het om vir hulle te gee. Hulle moet alles doen wat Ek besluit het.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As die Israeliete alles doen wat Ek vra en die wet gehoorsaam wat hulle by Moses, my boodskapper, geleer het, sal Ek hulle vir altyd hier in die land laat bly wat Ek vroeër al vir hulle oupas en oumas gegee het.” |