2 Chronicles 33:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het sy kinders deur die vuur laat deurgaan in die dal van die seun van Hinnom; ook het hy tye gehou en towerye gebruik en towery gebruik en met 'n bekende gees en met towenaars omgegaan; hy het baie kwaad gedoen in die oë van die HERE, om Hom te terg. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Manasse het selfs sy eie seuns in die Ben-Hinnomdal deur vuur laat gaan. Hy het goëlery, waarsêery en towery beoefen, en mediums en spiritiste geraadpleeg. Hy het baie gruwelike dade voor die Here gedoen en so sy toorn opgewek. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ook het hy self sy seuns deur die vuur laat deurgaan in die dal van die seun van Hinnom en met goëlery en verklaring van voortekens en towery omgegaan en dodebesweerders en waarsêers aangestel; hy het baie gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE, om Hom te terg. |
| Afrikaans 1983 | Hy het sy eie seuns in die Ben-Hinnomdal as offers verbrand, hom besig gehou met goëlery, waarsêery en toordery, en meegedoen aan die oproep en raadpleging van geeste. Hy het gruwelik verkeerd gedoen in die oë van die Here en Hom uitgetart. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy is die een wat sy seuns in die vuur geoffer het in die Ben-Hinnomdal, voortekens gelees het, wiggelary en towery beoefen het en dodebesweerders en waarsêers aangestel het. Hy het baie dinge gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here, om Hom uit te tart. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het sy seuns verbrand in die Ben-Hinnom-vallei. Hy het gesê hy kan tekens sien en hy kan sê wat sal gebeur en hy kan toor. Hy het ook gesê hy kan praat met die geeste van mense wat gesterf het, en dat hy weet wat ander mense nie kan weet nie. Manasse het baie dinge gedoen waarvan die Here nie hou nie en hy het die Here kwaad gemaak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | sy seun in die Ben-Hinnomdal verbrand as ’n offer aan die afgode; en goëlery, waarsêery en towerkunsies beoefen. Manasse het verskriklike dinge gedoen wat die Here baie kwaad gemaak het. |