2 Chronicles 33:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy het ook altare gebou in die huis van die HERE waarvan die HERE gesê het: In Jerusalem sal my Naam vir ewig wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het selfs heidense altare gebou in die tempel van die Here, die plek waarvan die Here gesê het dat sy Naam altyd daar in Jerusalem sou wees. |
| Afrikaans 1933/1953 | ook altare gebou in die huis van die HERE waarvan die HERE gesê het: In Jerusalem sal my Naam vir ewig wees. |
| Afrikaans 1983 | Hy het selfs afgodsaltare gebou in die huis van die Here, die plek waarvan die Here gesê het: “My Naam sal altyd in Jerusalem wees.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het selfs altare in die huis van die Here gebou, die plek waarvan die Here gesê het: “In Jerusalem sal my Naam vir altyd wees.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het gesê: “Ek wil altyd woon in Jerusalem,” maar Manasse het ook by die tempel altare gebou. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | selfs binne-in die Here se tempel altare vir ander gode gebou (dit is die plek waarvan die Here gepraat het toe Hy gesê het: “Ek vestig my Naam in Jerusalem”); |