2 Chronicles 33:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want hy het weer die hoogtes gebou wat sy vader Hiskía afgebreek het, en hy het altare vir die Baäls opgerig en boompies gemaak en die hele leër van die hemel aanbid en hulle gedien.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het die heidense heiligdomme herbou wat sy pa Hiskia vernietig het. Hy het altare vir die Baälbeelde gebou en Asjerapale opgerig. Hy het ook voor al die hemelliggame gebuig en hulle aanbid.
Afrikaans 1933/1953 En hy het die hoogtes weer gebou wat sy vader Jehisk¡a afgebreek het, en altare opgerig vir die Baäls en heilige boomstamme gemaak en hom neergebuig voor die hele leër van die hemel en hulle gedien;
Afrikaans 1983 Hy het die hoogtes wat deur Hiskia, sy pa, verwoes is, weer opgebou, altare vir die Baäls opgerig, gewyde pale gemaak, voor al die hemelliggame gebuig en hulle gedien.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) het hy die offerhoogtes wat sy vader, Hiskia, afgebreek het, weer opgebou. Hy het altare vir die Baäls opgerig, asjeras gemaak, voor al die hemelliggame in aanbidding gebuig en hulle gedien.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Manasse het die offer-plekke weer gebou wat sy pa Hiskia afgebreek het. Hy het altare gebou vir die Baäls en hy het gewyde pale gemaak. Manasse het gebuig vir die son en die maan en voor al die sterre in die lug en hy het hulle gedien.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het die heilige plekke waar die afgode gedien is en wat sy pa, Hiskia, afgebreek het, weer gebou; altare vir die Baäls gebou; stompe gemaak ter ere van die afgod Asjera; al die hemelgode gedien;