2 Chronicles 33:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar die volk van die land het almal gedood wat teen koning Amon saamgesweer het; en die volk van die land het sy seun Josía in sy plek koning gemaak.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar die burgers van die land het almal doodgemaak wat teen koning Amon saamgesweer het. Hulle het sy seun Josia in sy plek as koning aangestel.
Afrikaans 1933/1953 Maar die volk van die land het almal doodgeslaan wat teen koning Amon saamgesweer het, en die volk van die land het sy seun Jos¡a in sy plek koning gemaak.
Afrikaans 1983 Daarna het die burgers van die land die samesweerders almal doodgemaak en Amon se seun Josia in sy plek koning gemaak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe het die volk van die land almal neergevel wat teen koning Amon saamgesweer het. Die volk van die land het sy seun Josia in sy plek koning gemaak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense van die land het die amptenare doodgemaak wat vir Amon vermoor het, en toe het die mense van die land vir Josia seun van Amon koning gemaak ná hom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die mense het toe almal doodgemaak wat by sy moord betrokke was. Hulle het Amon se seun Josia in sy plek koning gemaak.