2 Chronicles 33:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE, net soos sy vader Manasse; want Amon het aan al die gesnede beelde wat sy vader Manasse gemaak het, geoffer en dit gedien; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het gedoen wat verkeerd was vir die Here, net soos sy pa Manasse gedoen het. Vir al die beelde wat sy pa gemaak het, het hy offers gebring en hulle gedien. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE, soos sy vader Manasse gedoen het; en aan al die gesnede beelde wat sy vader Manasse gemaak het, het Amon ywerig geoffer en hulle gedien. |
| Afrikaans 1983 | Hy het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here, net soos Manasse, sy pa, gedoen het. Vir al die beelde wat Manasse, sy pa, gemaak het, het Amon offerandes gebring. Hy het hulle gedien |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here, soos sy vader Manasse gedoen het. Vir al die gesnede beelde wat sy vader Manasse gemaak het, het Amon offers geslag en hulle gedien. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het dinge gedoen waarvan die Here nie hou nie, hy het gedoen soos sy pa Manasse in die begin gedoen het. Hy het vir die beelde ge-offer wat sy pa Manasse laat maak het en hy het die beelde gedien. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here was nie tevrede met wat hy gedoen het nie, net soos die Here nie tevrede was met wat sy pa, Manasse, gedoen het nie. Amon het die houtbeelde van die afgode wat sy pa vroeër laat opsit het, vereer. |