2 Chronicles 33:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) ook sy gebed en hoe God tot hom verhoor is, en al sy sonde en sy oortreding en die plekke waarin hy hoogtes gebou het en heilige boomstamme en gesnede beelde opgerig het voordat hy verneder is; kyk, dit is geskrywe onder die uitsprake van die sieners.
Afrikaans (NLV) 2011 Manasse se gebed en hoe sy pleidooi die Here ontroer het, al sy sondes en ontrouheid, die plekke waar hy die heidense heiligdomme, Asjerapale en afgodsbeelde opgerig het voordat hy berou gehad het, is opgeteken in Die annale van die sieners.
Afrikaans 1933/1953 En sy gebed en hoe hy verhoor is en al sy sonde en sy ontrou en die plekke waar hy hoogtes gebou en die heilige boomstamme en gesnede beelde opgerig het voor sy verootmoediging, kyk, dit is beskrywe in die Geskiedenis van Hosai.
Afrikaans 1983 Sy gebed en die verhoring daarvan, al sy sonde en sy selfverheffing, en die plekke waar hy hoogtes gebou het en gewyde pale en afgodsbeelde opgerig het voordat hy berou gekry het, staan opgeteken in Die Verhale van die Sieners.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sy gebed, die verhoring van sy pleitrede, al sy sonde en ontrou, die plekke waar hy offerhoogtes gebou het en waar hy die asjeras en gesnede beelde opgerig het voor sy verootmoediging, kyk, dit is opgeteken in die Geskiedenis van Gosai.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Sy gebed en hoe God genadig was vir hom, is geskryf in die Geskiedenisse van die Sieners. Daarin is ook geskryf van al sy sonde en dat hy ontrou was, van die offer-plekke wat hy laat bou het en die gewyde pale wat hy laat inplant het, en die beelde wat hy laat maak het voordat hy homself verneder het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die volgende sake word in Die Herinneringe van die Sieners beskryf: sy gebed; God se antwoord daarop; al die verkeerde dinge wat hy gedoen het; sy ongehoorsaamheid aan God; die plekke waar hy heilige plekke gebou het vir afgode en waar hy Asjerapale en die houtbeelde van die afgode neergesit het, nog voordat hy hom bekeer het.