2 Chronicles 33:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar die volk het nog steeds op die hoogtes geoffer, maar aan die HERE hulle God alleen.
Afrikaans (NLV) 2011 Die volk het nog steeds by die heidense heiligdomme geoffer, maar net aan die Here hulle God.
Afrikaans 1933/1953 Tog het die volk nog op die hoogtes geoffer, maar net aan die HERE hulle God.
Afrikaans 1983 Die volk het wel nog op die hoogtes offerandes gebring, maar nou vir die Here hulle God.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die volk het egter nog steeds offers geslag op die offerhoogtes, maar net vir die Here hulle God.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die ander mense het nog op die offer-plekke ge-offer, maar hulle het net vir hulle God die Here ge-offer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die mense het wel nog op die heilige plekke buite Jerusalem gaan offer, maar hulle het net vir die Here geoffer.