2 Chronicles 33:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het die altaar van die HERE herstel en daarop dankoffers en dankoffers gebring en Juda bevel gegee om die HERE, die God van Israel, te dien.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarna het hy die altaar van die Here herstel en die maaltyd- en dankoffers daarop gebring. Hy het die inwoners van Juda beveel om die Here die God van Israel te dien.
Afrikaans 1933/1953 En hy het die altaar van die HERE weer opgerig en daar dankoffers en lofoffers op gebring en aan Juda bevel gegee om die HERE, die God van Israel, te dien.
Afrikaans 1983 Hy het die altaar van die Here herstel en daarop maaltyd- en dankoffers gebring. Hy het opdrag gegee dat Juda die Here die God van Israel moet dien.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het die altaar van die Here herstel en daar •maaltydoffers en •dankoffers geslag. Hy het Juda aangesê om die Here, die God van Israel, te dien.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het die altaar van die Here reggemaak en hy het daarop ete-offers en dank-offers ge-offer. Hy het gesê die mense van Juda moet die Here, die God van Israel, dien.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarna het Manasse die Here se altaar herstel en offers vir die Here gebring om vir Hom dankie te sê en Hom te loof. Hy het vir die mense van Juda gesê dat hulle die Here, Israel se God, moes dien.