2 Chronicles 33:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het die vreemde gode en die afgod weggeneem uit die huis van die HERE en al die altare wat hy gebou het op die berg van die huis van die HERE en in Jerusalem, en hulle uit die stad gewerp.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het die vreemde gode en afgodsbeeld uit die tempel van die Here verwyder en buite die stad weggegooi. Hy het dieselfde gedoen met al die altare wat hy op die tempelberg en in Jerusalem gebou het.
Afrikaans 1933/1953 En hy het die vreemde gode en die afgodsbeeld uit die huis van die HERE verwyder, ook al die altare wat hy op die berg van die huis van die HERE en in Jerusalem gebou het, en dit buitekant die stad gegooi.
Afrikaans 1983 Verder het hy die vreemde gode en die afgodsbeeld uit die huis van die Here verwyder en buitekant die stad weggegooi, en so ook al die altare wat hy op die tempelberg en in Jerusalem gebou het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het die vreemde gode en die afgodsbeeld uit die huis van die Here verwyder, asook al die altare wat hy op die berg van die huis van die Here en in Jerusalem gebou het. Hy het dit buite die stad weggegooi.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Manasse het die gode van die ander volke en die beeld weggevat uit die tempel en hy het al die altare laat afbreek wat hy gebou het op die tempel-berg en in Jerusalem. Hy het hulle weggegooi buite die stad.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het ook die vreemde gode en die afgodsbeeld uit die tempel weggevat en die altare afgebreek wat hy vroeër op die tempelberg in Jerusalem gebou het. Hy het die rommel buite die stad weggegooi.