2 Chronicles 33:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hierna het hy 'n muur gebou buite die stad van Dawid, aan die westekant van Gihon, in die dal, tot by die ingang by die Vispoort, en hy het Ofel omsingel en dit op 'n baie groot hoogte verhef, en krygshoofde in al die omheinde stede van Juda.
Afrikaans (NLV) 2011 Hierna het Manasse die buitemure van die Dawidstad herbou wes van die Gihonfontein in die vallei tot by die Vispoort en om die Ofelheuwel. Hy het die muur baie hoër gemaak en bevelvoerders in al die versterkte stede van Juda aangestel.
Afrikaans 1933/1953 En daarna het hy 'n buitemuur vir die stad van Dawid gebou, westelik van die Gihon in die dal tot by die ingang na die Vispoort en dit om die Heuwel getrek en baie hoog gemaak, en leërowerstes in al die versterkte stede in Juda aangestel.
Afrikaans 1983 Manasse het later die buitemuur van die Dawidstad wes van die Gihon, in die dal, by die ingang van die Vispoort en rondom die Ofel herbou. Hy het die muur baie hoër gemaak as wat dit was. In al die vestingstede van Juda het hy bevelvoerders geplaas.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarna het hy die buitenste muur van die Stad van Dawid gebou, aan die westekant van Gihon in die dal, tot by die Vispoort. Hy het dit baie hoog gebou en die Ofel ingesluit. Hy het leëraanvoerders in al die versterkte stede van Juda aangestel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hierna het Manasse 'n muur buite om die Dawidstad laat bou. Hy het hierdie muur gebou van die Gihon-fontein wes in die vallei tot by die Vis-poort, en rondom die Ofel. Hy het die muur baie hoog gebou. Hy het ook offisiere laat bly in al die stede in Juda wat hoë mure gehad het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Manasse het toe die buitemuur van Jerusalem herbou. Hy het van ’n punt af, wes van die Gihonfontein in die Kidronvallei, verby die Vispoort tot by die Ofel die muur opgebou en baie hoër gemaak. Hy het ook militêre offisiere in die versterkte stede in Juda aangestel.