2 Chronicles 33:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het tot hom gebid, en hy het hom gesmeek en sy smeking gehoor en hom na Jerusalem teruggebring in sy koninkryk. Toe het Manasse geweet dat die HERE God is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe hy bid, het die Here na hom geluister en sy gebed verhoor en hom laat terugkeer na Jerusalem en sy koninkryk. Manasse het uiteindelik besef dat net die Here God is. |
| Afrikaans 1933/1953 | en tot Hom gebid; en Hy het hom verhoor en na sy smeking geluister en hom na Jerusalem in sy koningskap teruggebring. Toe het Manasse erken dat die HERE God is. |
| Afrikaans 1983 | en gebid. Die Here was hom genadig en het sy smeekbede verhoor en hom laat terugkom na Jerusalem, na sy koningskap toe. Toe het Manasse geweet dat die Here God is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en tot Hom gebid. God is geraak deur sy pleitrede en het sy smeekbede verhoor. Hy het hom na Jerusalem, na sy koningskap, laat terugkeer. Manasse het toe erken dat die Here God is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het tot die Here gebid, en die Here was genadig vir hom. Die Here het gedoen wat Manasse gevra het, Hy het hom laat terugkom na Jerusalem en na sy land. Manasse het toe geweet dat dit die Here is wat God is, Hy alleen is God. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe Manasse so gebid het, het die Here besluit om hom te help. Hy het hom na Jerusalem laat teruggaan en hy het weer die koning van Juda geword. Dit het Manasse laat besef dat die Here werklik God is. |