2 Chronicles 33:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom het die HERE die leërowerstes van die koning van Assirië oor hulle gebring, wat Manasse tussen die dorings ingeneem en hom met kettings gebind en hom na Babel gebring het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarom het die Here die Assiriese leërs teen hulle gestuur en hulle het Manasse gevange geneem. Hulle het ’n ring deur sy neus gesit, hom met bronskettings vasgemaak en na Babel toe gevat. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom het die HERE die leërowerstes van die koning van Assirië oor hulle gebring, en die het Manasse met hake gevang en hom met koperkettings geboei en hom na Babel vervoer. |
| Afrikaans 1983 | Toe het die Here die leëraanvoerders van die koning van Assirië laat kom, en hulle het Manasse gevange geneem, hake deur sy neus gesteek, hom geboei met bronskettings en hom na Babel toe gevat. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here het toe die leëraanvoerders van die koning van Assirië teen hulle laat optrek. Hulle het Manasse gevange geneem met hake in sy neus, hom met bronsboeie geboei, en hom na •Babel geneem. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het toe die offisiere van die leër van die koning van Babel laat kom om oorlog te maak teen die mense van Juda. Die offisiere het yster-hake in Manasse se neus gesit en hulle het hom vasgebind met kettings en hom weggevat na die stad Babel. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe het die Here die Assiriese leërs gestuur en hulle het Manasse gevang. Hulle het ’n ring deur sy neus gesit, hom met dik kettings vasgebind en hom na Babel toe gevat. |