2 Chronicles 32:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hierna het Sanherib, die koning van Assirië, sy dienaars na Jerusalem gestuur (maar hy het self teen Lagis en al sy mag saam met hom beleër) na Hiskia, die koning van Juda, en die hele Juda wat in Jerusalem was, en gesê:
Afrikaans (NLV) 2011 Koning Sanherib was besig om die stad Lakis te beleër en het amptenare na Jerusalem toe gestuur met die volgende boodskap vir koning Hiskia van Juda en die hele volk in die stad:
Afrikaans 1933/1953 Hierna het S nherib, die koning van Assirië -- hy self en sy hele ryksmag was saam met hom by Lagis -- sy dienaars na Jerusalem gestuur, na Jehisk¡a, die koning van Juda, en na die hele Juda wat in Jerusalem was, om te sê:
Afrikaans 1983 'n Tyd daarna het koning Sanherib van Assirië, wat toe met sy hele krygsmag by Lakis was, van sy ondergeskiktes na Jerusalem toe gestuur met 'n boodskap vir koning Hiskia van Juda, en vir al die mense van Juda in Jerusalem. Die boodskap het gelui:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hierna het Sanherib, koning van Assirië, terwyl hy self by Lagis was met sy volle strydmag by hom, sy amptenare na Jerusalem gestuur, na Hiskia, koning van Juda, en na die hele Juda wat in Jerusalem was, met die boodskap:
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Later het koning Sanherib van Assirië boodskappers gestuur na koning Hiskia en na al die mense van Juda wat in Jerusalem was. Sanherib en sy hele leër was by die stad Lakis. Die boodskappers het kom sê:
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Koning Sanherib van Assirië was besig om Lagis met al sy magte te beleër. Van daar af het hy boodskappers na Jerusalem toe gestuur om met koning Hiskia en al die Judeërs in Jerusalem te praat. Hulle boodskap was: