2 Chronicles 32:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) By hom is 'n arm van vlees; maar by ons is die HERE onse God om ons te help en ons oorloë te voer. En die volk het gerus op die woorde van Hiskía, die koning van Juda.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het dalk ’n groot leër, maar hulle is maar net mense. Die Here ons God is by ons en Hy sal ons oorloë vir ons veg!” Hierdie woorde van koning Hiskia van Juda het die volk baie bemoedig.
Afrikaans 1933/1953 By hom is 'n vleeslike arm, maar by ons is die HERE onse God om ons te help en ons oorloë te voer! En die manskappe het gesteun op die woorde van Jehisk¡a, die koning van Juda.
Afrikaans 1983 By hom is menslike mag, by ons is die Here ons God wat ons sal help en ons oorlog sal veg.” Die manskappe was bemoedig deur dié woorde van koning Hiskia van Juda.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) By hom is 'n menslike mag, maar by ons is die Here ons God om ons te help en ons oorlog te voer.” Die manskappe is bemoedig deur die woorde van Hiskia, koning van Juda.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het net mense om hom te help, maar ons God die Here is by ons. Ons God sal ons help en Hy sal ons oorloë vir ons veg.” Die manne het weer sterk en dapper gevoel nadat koning Hiskia van Juda met hulle gepraat het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het net mense in sy leër, maar ons het die Here ons God aan ons kant. Hy help ons en veg saam met ons!” Die soldate het moed geskep uit koning Hiskia se woorde.