2 Chronicles 32:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik vir die koning van Assirië of vir die hele menigte wat by hom is nie, want daar is meer by ons as by hom.
Afrikaans (NLV) 2011 “Wees sterk en vol moed. Moenie bang wees vir die koning van Assirië of sy magtige leër nie, want daar is ’n baie groter mag aan ons kant!
Afrikaans 1933/1953 Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik vanweë die koning van Assirië of vanweë die hele menigte wat saam met hom is nie; want by ons is meer as by hom.
Afrikaans 1983 “Wees sterk, wees dapper, moenie bang wees nie, moenie skrik vir die koning van Assirië en die menigte by hom nie. By ons is meer as by hom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Wees dapper en sterk. Moenie bang wees nie, en moet julle nie laat afskrik deur die koning van Assirië en die hele menigte saam met hom nie, want by ons is meer as by hom:
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Julle moet sterk en dapper wees. Julle moenie bang wees en skrik vir die koning van Assirië en vir die klomp soldate by hom nie, want daar is meer by ons as by hom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Wees sterk en dapper! Moenie bang wees vir die Assiriese koning en sy groot leër nie. By ons is daar ’n sterker mag as by hom.