2 Chronicles 32:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het krygsmanne oor die volk aangestel en hulle by hom bymekaar laat kom op die straat van die stadspoort en met hulle gemaklik gespreek en gesê: |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het ook militêre offisiere oor die volksleër aangestel en hulle beveel om voor hom op die plein by die stadspoort te vergader. Daar het hy hulle bemoedig en gesê: |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy het krygsowerstes oor die manskappe aangestel en hulle by hom op die plein van die stadspoort byeen laat kom en na hulle hart gespreek en gesê: |
| Afrikaans 1983 | Nadat hy bevelhebbers oor die volksleër aangewys het, het hy hulle by hom laat bymekaarkom op die plein by die stadspoort en hulle moed ingepraat: |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het militêre bevelvoerders oor die manskappe aangestel en hulle by hom op die plein van die stadspoort byeengebring. Hy het hulle bemoedig en gesê: |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het offisiere gekies en aangestel om sy manne te lei en hy het hulle laat bymekaarkom by hom op die oop stuk grond by die poort van die stad. Hy het met hulle gepraat en gesê: |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarna het hy bevelvoerders oor die soldate aangestel en hulle op die plein by die stadspoort laat vergader. Hy het hulle toegespreek: |