2 Chronicles 32:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het homself versterk en die hele muur opgebou wat gebreek was, en dit opgerig tot by die torings en 'n ander muur daarbuite, en Millo in die stad van Dawid herstel en pyle en skilde in menigte gemaak.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarna het Hiskia sy verdediging versterk deur al die mure te herstel en torings bo-op te bou. Verder het hy ’n tweede muur buite om gebou, die terras by die Dawidstad versterk en ’n groot hoeveelheid wapens en skilde gemaak.
Afrikaans 1933/1953 En hy het moed geskep en die hele muur opgetrek wat afgebreek was, en daar torings op gebou, ook die ander muur buitekant het hy gebou; en hy het Millo in die stad van Dawid versterk en werpspiese en skilde in menigte laat maak.
Afrikaans 1983 Hiskia het al die mure wat afgebreek was, herbou, die forte hoër gebou, nog 'n muur buite-om opgetrek en die terras by die Dawidstad laat versterk. Hy het ook 'n groot klomp spiese en skilde laat maak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het hom ingespan en die hele muur waarin 'n bres was, herbou en torings daarop aangebring, met 'n ekstra muur aan die buitekant. Hy het die terrasse in die Stad van Dawid herstel, en baie wapens gemaak, ook kleinskilde.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hiskia het vinnig gewerk en hy het die hele muur wat koning Joas van Israel laat afbreek het, weer gebou en hy het torings bo-op die muur gebou en hy het nog 'n muur buite daardie muur gebou. Hy het ook die terras van die Dawidstad sterker laat maak en hy het baie spiese en skilde laat maak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hiskia het hard gewerk om Jerusalem te beveilig deur alle swak plekke in die muur te herbou en dit met torings te versterk en deur ’n tweede muur rondom die stad te bou. Hy het ook baie wapens en skilde laat maak.