2 Chronicles 32:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En daar het baie mense bymekaargekom wat al die fonteine en die spruit wat deur die land loop, toegemaak en gesê het: Waarom sou die konings van Assirië kom en baie water vind? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | ’n Groot klomp mense het bymekaargekom en die watertoevoer uit die spruite toegestop wat deur die veld geloop het. Hulle het gesê: “Hoekom moet die Assiriërs hier kom en baie water kry?” |
| Afrikaans 1933/1953 | baie mense het byeengekom en al die oë toegestop, ook die spruit wat dwarsdeur die land stroom, met die gedagte: Waarom moet die konings van Assirië kom en baie water vind? |
| Afrikaans 1983 | en 'n groot klomp mense het bymekaargekom en al die fonteine en ook die watervoor wat deur die omgewing geloop het, toegegooi. Hulle het gesê: “Hoekom moet die konings van Assirië baie water kry as hulle hier kom?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Baie mense het byeengekom en al die fonteine bedek, asook die stroom wat onder die grond vloei. Hulle het gesê: “Waarom moet die konings van Assirië kom en baie water vind?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | 'n Groot klomp mense het bymekaargekom en hulle het al die fonteine toegemaak en ook die waterstroom wat deur die vallei in die land vloei. Hulle het gedink: Wanneer die konings van Assirië hier kom, moet hulle nie water hier kry nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | ’n Groot klomp werkers is toe opgeroep om die fonteine te verseël en die stroom water te blokkeer wat deur die land vloei. Hulle het gesê: “Hoekom moet die Assiriese konings nou hier kom en baie water hê?” |