2 Chronicles 32:33 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Hiskía het ontslaap met sy vaders, en hulle het hom begrawe in die hoof van die grafte van die seuns van Dawid; en die hele Juda en die inwoners van Jerusalem het hom by sy dood geëer. En sy seun Manasse het in sy plek geregeer.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe Hiskia sterf, is hy begrawe in die boonste deel van die koninklike begraafplaas. Met sy dood het die hele Juda en Jerusalem hom eer bewys. Sy seun Manasse het in sy plek koning geword.
Afrikaans 1933/1953 En Jehisk¡a het ontslaap met sy vaders, en hy is begrawe teen die hoogte van die grafte van die seuns van Dawid; en die hele Juda en die inwoners van Jerusalem het hom eer bewys by sy dood; en sy seun Manasse het in sy plek koning geword.
Afrikaans 1983 Hiskia is oorlede, en hy is begrawe teen die skuinste waar die grafte van die nakomelinge van Dawid is. Die hele Juda en die inwoners van Jerusalem het aan hom eer bewys met sy dood. Sy seun Manasse het hom as koning opgevolg.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hiskia het by sy voorouers gaan rus, en hulle het hom begrawe teen die skuinste by die grafte van die nageslag van Dawid. Die hele Juda en die inwoners van Jerusalem het besondere eer aan hom bewys met sy dood. Sy seun Manasse het in sy plek koning geword.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hiskia het gesterf, en hulle het hom begrawe by die grafte van die konings, waar 'n mens opgaan na die grafte van die nageslag van Dawid. Al die mense van Juda en Jerusalem het kom wys dat hulle hom gerespekteer het. Sy seun Manasse het koning geword ná hom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Na sy dood is Hiskia in die boonste deel van die koninklike begraafplaas begrawe. Die hele Juda en Jerusalem het by sy dood aan hom eer betoon. Sy seun Manasse het hom opgevolg.