2 Chronicles 32:31 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar in die saak van die gesante van die vorste van Babel, wat na hom gestuur het om die wonder wat in die land gebeur het, te raadpleeg, het God hom verlaat om hom op die proef te stel, sodat hy alles kon weet wat in sy hart was.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar toe die gesante van Babilonië kom om navraag te doen na die merkwaardige gebeurtenisse wat in die land gebeur het, het God Hom van Hiskia onttrek om hom te toets sodat hy self kon weet wat regtig in sy hart was.
Afrikaans 1933/1953 So ook in die geval van die gesante van die vorste van Babel -- wat na hom gestuur het om ondersoek te doen na die wonderteken wat in die land gebeur het -- het God hom net verlaat om hom op die proef te stel, om te weet alles wat in sy hart was.
Afrikaans 1983 Maar toe die regeerders van Babel woordvoerders na hom toe gestuur het om navraag te doen oor die wonder wat in sy land gebeur het, het God hom verlaat. Dit was om hom te toets en hom sy eie hart te laat ken.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit was ook so met die gesante van die •hoë amptenare van Babel, wat na hom gestuur is om ondersoek te doen na die teken wat daar in die land was. God het hom verlaat om hom te toets, om te weet wat alles in sy hart aangaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die amptenare van Babel het boodskappers na Hiskia toe gestuur, hulle moes vir hom kom vra oor die wonderwerk in die land. God het toe vir Hiskia alleen gelos om hom te toets en om uit te vind wat hy dink.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) maar toe ’n Babiloniese afvaardiging by hom kom om hom uit te vra oor die ongewone dinge wat in die land gebeur het, het die Here hom verlaat om hom te toets en vas te stel wat in sy hart aangaan.