2 Chronicles 32:30 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hierdie selfde Hiskia het ook die boonste waterloop van Gihon toegemaak en dit reguit afgebring na die westekant van die stad van Dawid. En Hiskia was voorspoedig in al sy werke.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het die boonste uitloop van die Gihonfontein afgesny en die water gelei deur ’n tonnel na die westekant van die Dawidstad. Hy was suksesvol in alles wat hy gedoen het.
Afrikaans 1933/1953 Dieselfde Jehisk¡a het ook die boonste uitloop van die water van die Gihon toegestop en dit gelei na onder toe, westelik na die stad van Dawid. En Jehisk¡a was voorspoedig in al sy werk.
Afrikaans 1983 Dit was Hiskia wat die boonste uitloop van die Gihonfontein afgesny en die water reguit na die westekant van die Dawidstad toe gelei het. Hy was voorspoedig met alles wat hy gedoen het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit was Hiskia wat die boonste uitloop van die water van die Gihon bedek en dit ondergronds direk wes na die Stad van Dawid gelei het. Hiskia was suksesvol in alles wat hy aangepak het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit was hý, hierdie Hiskia, wat die water van die Gihon-fontein toegemaak het. Die water het by die bokant uitgekom, en Hiskia het die water reguit na die westekant van die Dawidstad laat vloei. Hiskia het geslaag met alles wat hy gedoen het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hiskia het die boonste oog van die Gihonfontein toegemaak en die water deur ’n tonnel na die westekant van die Dawidstad gelei. Hy het baie goed gevaar met al die projekte wat hy aangepak het,