2 Chronicles 32:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy het raad gehou met sy vorste en sy helde om die waters van die fonteine wat buite die stad was, te stop, en hulle het hom gehelp. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | het hy met sy amptenare en militêre raadslede besluit om die watertoevoer uit die fonteine buite die stad af te sny. Hulle het hom hierin ondersteun. |
| Afrikaans 1933/1953 | het hy raad gehou met sy owerstes en sy helde, om die fontein-oë buitekant die stad toe te stop; en hulle het hom gehelp: |
| Afrikaans 1983 | het hy in oorleg met sy amptenare en offisiere besluit om die water van die fonteine wat buite die stad was, af te sny. Hulle het met hom saamgestem, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | het hy saam met sy •hoë amptenare en sy krygshelde besluit om die waterfonteine wat buite die stad was, te bedek. Hulle het hom gehelp. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | het Hiskia planne gemaak saam met sy amptenare en sy ander offisiere. Hy wou die water van die fonteine buite die stad toemaak, en sy mense het hom gehelp. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | het hy ’n vergadering met sy amptenare en militêre raadgewers gehou. Hy wou al die waterfonteine buite die stad afseël en hulle het die gedagte ondersteun. |