2 Chronicles 32:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Hiskía het buitengewoon baie rykdom en eer gehad, en hy het vir hom skatkamers gemaak vir silwer en goud en vir edelgesteentes en vir speserye en vir skilde en vir allerhande kosbare juwele;
Afrikaans (NLV) 2011 Hiskia was baie ryk en hoog in aansien. Hy moes addisionele skatkamers bou vir al sy silwer, goud, waardevolle stene, speserye en skilde, asook verskeie ander waardevolle items.
Afrikaans 1933/1953 En Jehisk¡a het buitengewoon baie rykdom en eer besit en vir hom skatkamers gemaak vir silwer en goud en edelgesteentes en vir speserye en skilde en allerhande kosbare voorwerpe;
Afrikaans 1983 Hiskia was ryk en het groot aansien geniet. Hy het vir hom skatkamers laat bou vir silwer, goud, edelstene, kosbare kruie, skilde en allerlei waardevolle goed.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hiskia het baie groot rykdom en eer verwerf, en skatkamers vir silwer, goud, edelstene, speserye, kleinskilde en allerlei kosbaarhede vir hom opgerig,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hiskia het baie ryk geword. Almal het hom gerespekteer. Hy het silwer en goud bymekaargemaak, en ook edelstene, speserye, skilde en alles wat hy wou hê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hiskia was baie ryk. Almal het groot respek vir hom gehad. Hy het skatkamers vir sy silwer, goud en juwele laat bou, ook vir speserye, skilde en ander waardevolle items.