2 Chronicles 32:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar Hiskia het hom verneder weens die trots van sy hart, hy sowel as die inwoners van Jerusalem, sodat die toorn van die HERE nie oor hulle gekom het in die dae van Hiskía nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe het Hiskia berou gehad oor sy trots en so ook die inwoners van Jerusalem. Die Here se toorn het toe nie tydens Hiskia se regering oor hulle gekom nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar Jehisk¡a het hom verootmoedig in die hoogmoedigheid van sy hart, hy en die inwoners van Jerusalem, sodat die toorn van die HERE nie oor hulle gekom het in die dae van Jehisk¡a nie. |
| Afrikaans 1983 | Hy en die inwoners van Jerusalem het egter berou gekry oor die selfingenomenheid, en die toorn van die Here het toe nie in die tyd van Hiskia oor hulle gekom nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar Hiskia het hom verootmoedig oor die hoogmoed van sy hart, hy en die inwoners van Jerusalem, sodat die oordeel uit toorn van die Here in die dae van Hiskia nie teen hulle voortgeduur het nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe het Hiskia homself verneder en hy het opgehou om hoogmoedig te wees, hy en die mense van Jerusalem. Die Here het hulle nie gestraf terwyl Hiskia gelewe het nie, Hy het hulle later gestraf. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hiskia het toe erken dat hy hoogmoedig geword het en die inwoners van Jerusalem het hulleself verneder. Daarom het die Here se wraak hulle nie in Hiskia se tyd getref nie. |