2 Chronicles 32:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar Hiskía het nie weer vergeld volgens die weldaad wat aan hom gedoen is nie; want sy hart was verhewe; daarom was daar toorn oor hom en oor Juda en Jerusalem.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar Hiskia het nie toepaslik geantwoord op die goedheid wat aan hom bewys is nie en het trots geword. Daarom het die toorn van die Here hom, Juda en Jerusalem getref.
Afrikaans 1933/1953 Maar Jehisk¡a het die weldaad wat aan hom bewys is, nie vergeld nie; want sy hart het hoogmoedig geword. Daarom was daar 'n toorn oor hom en oor Juda en Jerusalem.
Afrikaans 1983 Hiskia het egter nie dankbaarheid betoon vir dié weldaad nie. Hy het ingenome geword met homself, en dit het die toorn van die Here oor hom en oor Juda en Jerusalem gebring.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Omdat Hiskia se hart egter hoogmoedig geraak het, het hy nie in ooreenstemming met die weldaad teenoor hom gereageer nie. Toe het 'n oordeel uit toorn teen hom en teen Juda en Jerusalem losgebreek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here was goed vir Hiskia, maar Hiskia het nie gedoen wat hy moes doen nie, hy was hoogmoedig. Daarom het die Here kwaad geword vir Hiskia en vir die mense van Juda en Jerusalem.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar Hiskia het nie reg gemaak nadat die Here hierdie groot guns aan hom bewys het nie. Hy was vol van homself. Daarom het die Here kwaad geword vir hom en vir Juda en Jerusalem.