2 Chronicles 32:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) In daardie dae was Hiskia siek tot die dood toe en hy het tot die HERE gebid; en hy het met hom gespreek, en hy het hom 'n teken gegee.
Afrikaans (NLV) 2011 Ongeveer hierdie tyd het Hiskia dodelik siek geword. Hy het tot die Here gebid, en God het hom gesond gemaak en ’n wonderteken gegee.
Afrikaans 1933/1953 In die dae het Jehisk¡a dodelik siek geword, maar hy het tot die HERE gebid, en Hy het met hom gespreek en hom 'n wonderteken gegee.
Afrikaans 1983 Dié tyd het Hiskia ernstig siek geword. Hy het tot die Here gebid, en die Here het met hom gepraat en met hom 'n wonder laat gebeur.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) In daardie dae het Hiskia tot die dood toe siek geword. Toe hy tot die Here gebid het, het Hy hom geantwoord en vir hom 'n teken gegee.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) In daardie tyd het Hiskia baie siek geword, hy het amper gesterf. Hy het tot die Here gebid, en die Here het met hom gepraat. Die Here het 'n wonderwerk met Hiskia laat gebeur.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hiskia het in dié tyd ernstig siek geword. Hy het tot die Here gebid. Sy gebed is verhoor en hy het gesond geword.