2 Chronicles 32:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En baie het geskenke aan die HERE na Jerusalem gebring en geskenke aan Hiskía, die koning van Juda, sodat hy van nou af groot gemaak is voor die oë van al die nasies. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Baie mense het vir die Here in Jerusalem offers gebring en ook waardevolle geskenke vir koning Hiskia. Van toe af het sy aansien onder die omliggende volke toegeneem. |
| Afrikaans 1933/1953 | En baie het geskenke aan die HERE na Jerusalem gebring en kosbare geskenke aan Jehisk¡a, die koning van Juda, sodat hy daarna in die oë van al die nasies hoog gestaan het. |
| Afrikaans 1983 | Baie mense het vir die Here in Jerusalem offers gebring en kosbare geskenke vir koning Hiskia van Juda, wie se aansien onder die nasies hoog gestyg het ná dié gebeure. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Baie mense het voortdurend vir die Here offers na Jerusalem gebring, ook kosbaarhede vir Hiskia, koning van Juda. Hy het ná hierdie gebeure hoë aansien geniet in die oë van al die nasies. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Baie mense het vir die Here presente gebring na Jerusalem, en hulle het vir koning Hiskia kosbare dinge gebring. Al die volke het van toe af geweet dat hy 'n belangrike koning is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Baie mense het geskenke vir die Here Jerusalem toe gebring. Daar was ook baie wat duur geskenke vir koning Hiskia gebring het. Na alles wat gebeur het, het Hiskia ’n goeie naam gehad onder die nasies. |