2 Chronicles 32:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) So het die HERE Hiskia en die inwoners van Jerusalem verlos uit die hand van Sanherib, die koning van Assirië, en uit die hand van almal, en hulle van alle kante gelei.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit is hoe die Here Hiskia en die inwoners van Jerusalem gered het uit die mag van koning Sanherib van Assirië en van almal wat hom bedreig het. Daar was uiteindelik vrede in die hele land.
Afrikaans 1933/1953 En die HERE het Jehisk¡a en die inwoners van Jerusalem verlos uit die hand van S nherib, die koning van Assirië, en uit die hand van almal, en hulle rondom tot rus gebring.
Afrikaans 1983 So het die Here vir Hiskia en die inwoners van Jerusalem gered uit die mag van koning Sanherib van Assirië en uit die mag van almal by hom. Die Here het sy volk aan alle kante beskerm.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here het Hiskia en die inwoners van Jerusalem verlos uit die hand van Sanherib, koning van Assirië, ja, uit almal se hand. Hy het vir hulle aan alle kante rus gegee.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) So het die Here vir Hiskia en die mense van Jerusalem gered van koning Sanherib van Assirië en van almal by hom. Die Here het sy mense beskerm teen die vyande rondom hulle.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) So het die Here Hiskia en die inwoners van Jerusalem van die Assiriese koning Sanherib en van al hulle ander vyande verlos. Daar was toe vrede met almal rondom hulle.