2 Chronicles 32:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die HERE het 'n engel gestuur wat al die dapper helde en die leiers en owerstes in die laer van die koning van Assirië uitroei. Daarom het hy met skaamte teruggekeer na sy eie land. En toe hy in die huis van sy god ingegaan het, het die wat uit sy eie ingewande voortgekom het, hom daar met die swaard gedood.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here stuur toe ’n engel wat die Assiriese leër met al die bevelhebbers en offisiere vernietig het. Sanherib het in skande na sy eie land toe teruggegaan. Toe hy die tempel van sy god binnegegaan het, het sommige van sy eie seuns hom net daar met ’n swaard doodgemaak.
Afrikaans 1933/1953 stuur die HERE 'n engel, en die het al die dapper helde en bevelhebbers en owerstes in die laer van die koning van Assirië verdelg, sodat hy met 'n beskaamde aangesig na sy land teruggegaan het; en toe hy in die huis van sy god kom, het die wat uit sy eie liggaam voortgekom het, hom daar met die swaard neergeslaan.
Afrikaans 1983 Toe stuur die Here 'n engel, en dié het elke soldaat en leier en offisier in die kamp van die koning van Assirië doodgemaak. Hy moes beskaamd die aftog blaas terug na sy land toe. Toe hy daar in die tempel van sy god ingaan, het van sy eie seuns hom vermoor.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe stuur die Here 'n •engel, en dié het elke dapper kryger, leier en bevelvoerder in die kamp van die koning van Assirië uitgewis. Hy het beskaamd na sy land teruggekeer. Toe hy in die huis van sy god kom, het sy eie seuns hom daar met die swaard neergevel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En die Here het toe 'n engel gestuur wat elke soldaat en offisier en leier in die kamp van die koning van Assirië laat sterf het. Sanherib kon nie doen wat hy wou doen nie. Hy het teruggegaan na sy land, en toe hy 'n eendag in die tempel van sy god ingaan, het een van sy eie seuns hom doodgesteek met 'n swaard.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here het ’n engel gestuur wat die hele Assiriese leër met al sy bevelvoerders en offisiere doodgemaak het. Sanherib moes vernederd na sy land toe teruggaan. Toe hy daar die tempel van sy god besoek, het van sy eie kinders hom doodgemaak.