2 Chronicles 32:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het gespreek teen die God van Jerusalem, soos teen die gode van die mense van die aarde, wat die werk van die hande van mense was.
Afrikaans (NLV) 2011 Hierdie boodskappers het oor die God van Jerusalem gepraat asof Hy een van die heidense gode is wat deur mense gemaak is.
Afrikaans 1933/1953 En hulle het oor die God van Jerusalem gespreek soos oor die gode van die volke van die aarde -- 'n maaksel van mensehande.
Afrikaans 1983 en oor die God van Jerusalem gepraat soos oor die gode van die volke van ander lande, gode wat die werk van mensehande is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het gepraat oor die God van Jerusalem soos oor die gode van die volke van die aarde, wat maar net 'n maaksel van mensehande is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het oor die God van Jerusalem gepraat soos hulle gepraat het oor die gode van die ander volke op die aarde. Maar mense het daardie gode gemaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het oor die God van Jerusalem gepraat asof Hy maar net soos een van die handgemaakte gode van die ander volke was.