2 Chronicles 32:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het hulle met 'n groot stem geroep in die toespraak van die Jode tot die inwoners van Jerusalem wat op die muur was, om hulle bang te maak en hulle te verskrik; dat hulle die stad kan inneem. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Assiriërs wat die briewe gebring het, het dit in die Judese dialek geskree aan die volk wat op die mure van die stad versamel het. Daarmee wou hulle die mense op die mure van die stad bangmaak sodat hulle die stad makliker kon inneem. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle het hardop in die Joodse taal geroep na die manskappe van Jerusalem wat op die muur was, om die bevrees en verskrik te maak, sodat hulle die stad kon inneem. |
| Afrikaans 1983 | Om die mense van Jerusalem wat op die mure was, bang te maak en hulle die skrik op die lyf te ja sodat die Assiriërs die stad kon inneem, het die boodskappers hard in die Judese taal geroep |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het dit in Judees uitgeskreeu vir die manskappe van Jerusalem wat op die muur was, om hulle bang te maak en hulle te verskrik, sodat hulle die stad kon inneem. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die boodskappers van Sanherib het hard geskree vir die mense van Jerusalem wat op die mure was. Hulle het in die Judeërs se taal geskree. Die boodskappers wou die mense bangmaak en laat skrik sodat die Assiriërs die stad kan oorwin. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Assiriese boodskappers het hard in Hebreeus gepraat sodat almal hulle kon verstaan. Hulle doel was om die soldate op die mure te verwar en bang te maak sodat hulle Jerusalem kon inneem. |