2 Chronicles 32:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy het ook briewe geskrywe om die HERE, die God van Israel, te laster en teen hom te spreek en te sê: Soos die gode van die nasies van ander lande hulle volk nie uit my hand gered het nie, so sal die God van Hiskía sy volk nie red nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Die koning het ook briewe gestuur waarin hy die Here die God van Israel geminag het. Hy het geskryf: Net soos die gode van al die ander nasies nie hulle mense uit my mag kon red nie, so sal die God van Hiskia ook misluk.
Afrikaans 1933/1953 Hy het ook 'n brief geskrywe om die HERE, die God van Israel, te smaad en teen Hom te spreek deur te sê: Soos die gode van die nasies van die lande wat hulle volk uit my hand nie gered het nie, so sal die God van Jehisk¡a sy volk uit my hand nie red nie.
Afrikaans 1983 Sanherib het ook briewe geskryf waarin hy die Here die God van Israel gehoon het en dinge teen Hom gesê het. Hy het geskryf: “Soos die gode van die nasies van ander lande hulle volke nie kon red uit my mag nie, so sal die God van Hiskia sy volk nie red uit my mag nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sanherib het selfs briewe geskryf om die Here, die God van Israel, uit te tart deur oor Hom te sê: “Net soos die gode van die nasies van die lande hulle mense nie uit my hand kon red nie, net so sal die God van Hiskia nie sy volk uit my hand red nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Sanherib het ook briewe geskryf en hy het die Here, die God van Israel, in die briewe beledig, hy het teen die Here gepraat. Hy het geskryf: “Die gode van ander volke kon nie hulle mense red van my nie, en so sal die God van Hiskia ook nie sy mense kan red van my nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die koning het ook briewe geskryf waarin hy die Here, die God van Israel, beledig het. Hy het geskryf: “Net soos die ander volke se gode hulle nie uit my mag kon red nie, sal die God van Hiskia dit ook nie regkry nie.”