2 Chronicles 32:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Laat Hiskia julle dan nou nie bedrieg en julle nie so oortuig nie, en glo hom nog nie; want geen god van enige nasie of koninkryk was in staat om sy volk uit my hand en uit die hand van my vaders te red nie en minder sal jou God jou uit my hand red? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moenie dat Hiskia julle vir die gek hou nie! Moenie toelaat dat hy julle so mislei nie! Moenie hom glo nie. Ek herhaal: Geen god van enige nasie of koninkryk was ooit in staat om sy mense uit my mag of enige van my voorgeslag te verlos nie. Hoeveel minder is die kans dat julle God julle uit my mag sal red!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Laat Jehisk¡a julle dan nou nie bedrieg en julle nie op so 'n manier verlei nie; en glo hom nie, want geen enkele god van enige nasie of koninkryk het sy volk uit my hand of uit die hand van my vaders kon verlos nie; hoeveel minder sal julle God julle uit my hand kan verlos? |
| Afrikaans 1983 | Moet dan nou nie dat Hiskia julle so bedrieg en julle mislei nie. Moet hom nie glo nie. Geen god van enige nasie of koninkryk kon sy volk red uit my mag of uit dié van my voorvaders nie. Júlle God sal julle ook nie red uit my mag nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Moet dan nou nie dat Hiskia julle bedrieg en julle op hierdie manier mislei nie. Moet hom nie glo nie, want geen god van enige nasie of koninkryk kon sy volk red uit my hand, of uit die hand van my voorvaders nie. Hoeveel minder sal julle God julle uit my hand kan red?’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarom, julle moenie dat Hiskia julle so bedrieg nie. Julle moenie vir hom glo nie, want daar is nie een god van enige volk en land wat sy mense kon red van my en van die konings vóór my nie. Julle God sal julle ook nie kan red van my nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moenie dat Hiskia julle mislei nie! Ek herhaal, geen god kon tot dusver enige volk teen my of my voorgangers beskerm nie. Nog minder sal julle God julle teen my kan beskerm!” |