2 Chronicles 32:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wie was daar onder al die gode van daardie nasies wat my vaders met die banvloek getref het, wat sy volk uit my hand kon red, dat julle God julle uit my hand sou kon red? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Watter gode van die nasies waarteen my voorgangers geveg het, was in staat was om sy mense uit my mag te red? Sal julle God julle dan uit my mag red? |
| Afrikaans 1933/1953 | Wie was daar onder al die gode van daardie nasies wat my vaders met die banvloek getref het, wat sy volk uit my hand kon red -- dat julle God julle uit my hand sou kan red? |
| Afrikaans 1983 | Wie van al die gode van daardie nasies wat al deur my voorvaders uitgeroei is, kon sy volk red uit my mag? Kan júlle God julle dan red uit my mag? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wie onder al die gode van daardie nasies, wat my voorvaders aan volledige vernietiging oorgegee het, was in staat om sy volk uit my hand te red? Ja, sou julle God dan in staat wees om julle uit my hand te red? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die konings vóór my het volke heeltemal verwoes, en hulle gode kon hulle nie red nie. Julle God kan julle ook nie red van my nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Nie een van die volke wat my voorgangers uitgeroei het, se gode was sterk genoeg om hulle te red nie. Hoe sal júlle God dit tog kan regkry? |