2 Chronicles 32:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Het dieselfde Hiskía nie sy hoogtes en sy altare weggeneem en Juda en Jerusalem bevel gegee en gesê: Julle moet voor een altaar aanbid en daarop reukwerk laat opgaan nie?
Afrikaans (NLV) 2011 Julle weet mos dat dit juis Hiskia was wat al die heiligdomme en altare van die Here verwoes het. Hy het Juda en Jerusalem beveel om net by die een altaar by die tempel te aanbid en om net daar alleen te offer.
Afrikaans 1933/1953 Het dieselfde Jehisk¡a nie sy hoogtes en sy altare verwyder en aan Juda en Jerusalem dit gesê nie: Voor,,n altaar moet julle jul neerbuig en daarop offerrook laat opgaan?
Afrikaans 1983 Dit is mos dié Hiskia wat die hoogtes en die altare van julle God verwyder het en vir Juda en Jerusalem gesê het: ‘Julle moet by net een altaar aanbid en offers bring.’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Is dit nie hy, Hiskia, wat God se offerhoogtes en altare verwyder het en vir Juda en Jerusalem gesê het “By net een altaar sal julle in aanbidding buig en daarop offers verbrand” nie?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit was hierdie Hiskia wat die offer-plekke en die altare van die Here laat wegvat het en hy het vir die mense van Juda en Jerusalem gesê: ‘Julle mag die Here net by hierdie een altaar dien en julle moet op hierdie altaar offer.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Is dit nie dieselfde Hiskia wat die Here se heilige plekke en altare laat vernietig het nie? Dis mos hy wat vir die mense van Juda en Jerusalem gesê het: ‘Julle mag die Here net by een altaar vereer en net op die een plek wierook brand.’