2 Chronicles 32:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Moet Hiskia julle nie oorreed om julleself oor te gee om van hongersnood en dors te sterwe nie, deur te sê: Die HERE onse God sal ons verlos uit die hand van die koning van Assirië? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hiskia het gesê: ‘Die Here ons God sal ons red uit die mag van die koning van Assirië.’ Dis duidelik dat Hiskia julle mislei sodat julle van honger en dors sal sterf! |
| Afrikaans 1933/1953 | Verlei Jehisk¡a julle nie, om julle van honger en dors te laat sterwe deur te sê: Die HERE onse God sal ons red uit die hand van die koning van Assirië? |
| Afrikaans 1983 | Hiskia sê: ‘Ons God sal ons red van die koning van Assirië,’ maar mislei hy julle nie, sodat julle van honger en dors sal sterwe? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Mislei Hiskia julle nie om julle maar net aan die dood deur honger en dors oor te gee as hy sê “Die Here ons God sal ons red uit die greep van die koning van Assirië” nie? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hiskia bedrieg julle. Hy sê: ‘Ons God die Here sal ons red van die koning van Assirië,’ maar dit is nie waar nie. Hiskia wil julle laat sterf van honger en dors. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hiskia sê mos: ‘Die Here ons God sal ons beskerm teen die Assiriese koning!’ Hy mislei julle. Dit sal maak dat julle nog van honger en dors doodgaan. |