2 Chronicles 32:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ná hierdie dinge en die oprigting daarvan, het Sanherib, die koning van Assirië, gekom en Juda ingetrek en laer opgeslaan teen die omheinde stede en gedink om dit vir hom te wen. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Nadat Hiskia getrou sy werk gedoen het, het koning Sanherib van Assirië Juda binnegeval. Hy het die versterkte stede beleër en beveel dat die mure afgebreek moes word. |
| Afrikaans 1933/1953 | Nhierdie dinge en hierdie bewys van getrouheid het S nherib, die koning van Assirië, gekom en Juda binnegedring en die vaste stede beleër en bedoel om hulle vir hom te verower. |
| Afrikaans 1983 | Na dié gebeure, waarin Hiskia sy trou betoon het, het koning Sanherib van Assirië op die toneel gekom. Hy het Juda ingeval en die vestingstede beleër met die bedoeling om deur hulle verdediging te breek. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ná hierdie maatreëls en bewyse van trou het Sanherib, die koning van Assirië, gekom, Juda binnegeval en die versterkte stede onder beleg geplaas, met die gedagte om hulle vir homself te verower. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Nadat koning Hiskia dit alles gedoen het en gewys het dat hy wil doen wat die Here wil hê, het koning Sanherib van Assirië gekom. Sanherib het in die land Juda gekom en hy het sy leër se tente laat opslaan rondom al die stede, want hy wou die stede se mure afbreek om in te kom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Na hierdie optrede van Hiskia waarin hy sy lojaliteit aan die Here bewys het, het koning Sanherib van Assirië Juda aangeval. Hy het die versterkte stede met sy leër omsingel. |