2 Chronicles 31:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En aangaande die kinders van Israel en Juda wat in die stede van Juda gewoon het, het hulle ook die tiendes van beeste en kleinvee ingebring en die tiendes van heilige gawes wat aan die HERE hulle God geheilig was, en dit op hope neergelê. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Israeliete wat uit Israel na Juda toe verhuis het, het ’n tiende van hulle groot- en kleinvee en van die heilige dinge toegewy aan die Here hulle God, en dit in hope opgestapel. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die kinders van Israel en Juda wat in die stede van Juda woonagtig was, hulle het ook die tiendes ingebring van beeste en kleinvee en die tiendes van die heilige gawes wat aan die HERE hulle God geheilig was, en dit op hope neergelê. |
| Afrikaans 1983 | Ook die Israeliete wat in die stede van Juda gewoon het, en die mense van Juda self, het hulle tiendes uit die groot- en kleinvee ingebring en hulle het die gawes wat aan die Here hulle God gewy was, kom neersit, hope en hope. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Israeliete en Judeërs wat in die dorpe van Juda gewoon het, ook hulle het die tiendes van beeste en kleinvee afgestaan. Die tiendes van die •heilige gawes wat aan die Here hulle God gewy was, het hulle gebring en dit hoop vir hoop neergesit. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Israeliete en die Judeërs wat in die stede van Juda gewoon het, het ook die tiende van hulle beeste en hulle skape en bokke gebring en die tiende van die goed wat hulle aan hulle God die Here gewy het. Hulle het die goed neergesit, hulle het hope gemaak daarvan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Israeliete en Judeërs wat in die dorpe van Juda gebly het, het ook bydraes gebring in die vorm van beeste en skape, asook spesiale geskenke wat hulle vir die Here hulle God gegee het. |