2 Chronicles 31:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En sodra die gebod uitgekom het, het die kinders van Israel die eerstelinge van koring, wyn en olie en heuning en van al die opbrings van die land in menigte gebring; en die tiendes van alles het hulle in oorvloed ingebring.
Afrikaans (NLV) 2011 Soos die bevel bekend geword het, het die Israeliete van die eerste opbrengste gebring. Dit was koring, nuwe wyn, olie, heuning en al die produkte van hulle landerye. Hulle het baie goed, die tiende van alles, gebring.
Afrikaans 1933/1953 En toe die bevel verbrei is, het die kinders van Israel baie eerstelinge van koring, mos en olie en heuning en van elke opbrings van die land ingelewer en die tiendes van alles in menigte ingebring.
Afrikaans 1983 Namate die bevel bekend geword het, het die Israeliete die eerste opbrengste aan koring, wyn, olie, heuning en alles wat die land opgelewer het, ingebring, en ook die tiendes van alles, in groot hoeveelhede.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Soos die woord versprei het, het die Israeliete oorvloedig gegee van die eerste opbrengs van koring, •nuwe wyn, olie, heuning en alles wat die landerye opgelewer het. 'n Tiende van alles het hulle in groot hoeveelhede ingebring.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe die Israeliete hoor wat hulle moet doen, het hulle die eerste koring gebring wat hulle afgesny het, en ook die eerste wyn en olyf-olie en heuning, die eerste van alles wat hulle uit die grond gekry het. Dit was baie. Hulle het ook die tiendes gebring van alles wat hulle gehad het, en dit was ook baie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die mense het dadelik positief gereageer. Hulle het in oorvloed van die eerste oes van hulle graan, hulle nuwe wyn, olyfolie, heuning en ander landbouprodukte na die tempel toe gebring.