2 Chronicles 31:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Verder het hy die volk wat in Jerusalem gewoon het, bevel gegee om die deel van die priesters en die Leviete te gee, sodat hulle bemoedig kon word in die wet van die HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarby het hy bepaal dat die volk in Jerusalem die voorgeskrewe deel van hulle inkomste aan die priesters en Leviete moes bring sodat hulle hulleself kon toewy aan die gebooie van die Here. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy het die volk, die inwoners van Jerusalem, bevel gegee om die aandeel van die priesters en die Leviete te gee, sodat hulle aan die wet van die HERE al hulle krag kon wy. |
| Afrikaans 1983 | Die volk, die inwoners van Jerusalem, moes op bevel van die koning sorg vir die onderhoud van die priesters en die Leviete, sodat dié hulle aandag kon gee aan die uitleg van die wet van die Here. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het die volk, die inwoners van Jerusalem, aangesê om die deel wat die priesters en Leviete toekom, te gee, sodat hulle al hulle kragte kon wy aan die wet van die Here. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hiskia het vir die mense wat in Jerusalem woon, gesê hulle moet vir die priesters en die Leviete alles gee wat hulle nodig het, sodat die priesters en die Leviete kan aanhou om te doen wat die Here wil hê. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het ook vir die mense in Jerusalem opdrag gegee om die voorgeskrewe deel van hulle inkomste aan die priesters en die Leviete af te staan sodat hulle voltyds vir die Here kon werk. |