2 Chronicles 31:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy het ook die koning se deel van sy besittings vir die brandoffers bestem, naamlik vir die môre- en aandbrandoffers en die brandoffers vir die sabbatte en vir die nuwemane en vir die feestye, soos geskrywe is in die wet van die HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die koning het ook persoonlik bygedra tot die daaglikse brandoffer, die oggend- en aandoffers, en ook vir die weeklikse Sabbatfeeste en maandelikse Nuwemaanfeeste en vir die ander jaarlikse feeste soos vereis in die voorskrifte van die Here. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die bydrae van die koning uit sy goed vir die brandoffers was: die môre-- en die aandbrandoffers en die brandoffers vir die sabbatte en die nuwemane en die feestye, soos voorgeskrywe is in die wet van die HERE. |
| Afrikaans 1983 | Soos dit in die voorskrifte van die Here vasgelê is, het die koning uit sy persoonlike besit sy deel gedoen vir die brandoffer, die môre- en aandoffers, die offers op die sabbat, die nuwemaansfees en die vasgestelde feestye. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die bydrae van die koning, uit sy eie besittings, vir die brandoffers was die volgende: die brandoffers in die oggend en die aand, die brandoffers op die Sabbatte, en tydens die nuwemaansfeeste en die vaste feestye, soos voorgeskryf in die wet van die Here. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die koning het van sy eie goed gegee vir die brand-offers. Dit was die brand-offers wat hulle in die oggend en in die aand gebring het, die brand-offers op die Nuwemaan-feeste en die ander feeste. Hulle het dit gedoen soos dit in die Wette van Moses geskryf is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Volgens die Here se reëls het die koning self ook diere geskenk vir die oggend- en aandoffers. Hy het ook diere gegee vir die weeklikse sabbatsfeeste en die maandelikse nuwemaansfeeste en vir die jaarlikse feeste. |