2 Chronicles 31:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En in elke werk wat hy begin het in die diens van die huis van God en in die wet en in die gebooie, om sy God te soek, het hy dit met sy hele hart gedoen en voorspoedig gegaan.
Afrikaans (NLV) 2011 In alles wat hy onderneem het ter bevordering van die diens in die tempel van God, en sy gehoorsaamheid aan die gebooie en bevele, het Hiskia met sy hele hart sy God gedien. Daarom was hy baie suksesvol.
Afrikaans 1933/1953 En in elke werk wat hy begin het insake die diens van die huis van God en insake die wet en die gebod om sy God te soek, het hy met sy hele hart gehandel en voorspoed gehad.
Afrikaans 1983 In alles wat hy onderneem het ter bevordering van die tempeldiens en die gehoorsaamheid aan wet en gebod, het hy met sy hele hart gevra na die wil van sy God, en daarom was hy voorspoedig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Elke taak wat hy aangepak het in verband met die diens in die huis van God en in verband met die wette en gebooie, was daarop gerig om sy God se wil te soek. Met sy hele hart het hy dit gedoen, en hy was suksesvol.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het alles met sy hele hart gedoen, alles wat hy wou doen om sy God te dien, om die werk by die tempel te doen en om gehoorsaam te wees aan die wette en gebooie van sy God. En dit het goed gegaan met Hiskia.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hiskia het baie moeite vir die tempel van God gedoen en het met oorgawe die Here se wet en opdragte probeer uitvoer. Daarom was hy baie suksesvol.